2007-11-18 : Moord skok studente

http://www.dieburger.com <br>dbmening@dieburger.com

Moderators: GenMod, AfrMod

2007-11-18 : Moord skok studente

Postby GOSA » Fri, 2007-11-23 06:49

http://www.dieburger.com/Stories/News/1 ... 92775.aspx


Moord skok studente
LARA ATSON
18/11/2007 11:42:20 PM - (SA)


KAAPSTAD. ­ Geskokte studente het 'n internetgroep gestig om hulde te bring
aan hul "geliefde professor" ná die moord op prof. Mike Larkin.


Larkin (58), hoof van die Universiteit van Kaapstad se departement
handelsreg, wat na 'n gebedsgroep by sy kerk in Rondebosch op pad was, is
"sinneloos doodgesteek" toe hy nie sy aktetas, met studente se
antwoordstelle daarin, aan boewe wou prysgee nie.


Hy het ná 18:00 Vrydag in Roslynweg geloop toe hy deur twee mans genader
is. Hy was op pad na die Katolieke kerk St. Michael.


Volgens kapt. Elliot Sinyangana, polisiewoordvoerder, het die mans sy tas
gegryp. Toe hy hom verset, het een rower 'n mes uitgepluk en hom
herhaaldelik gesteek. Hy is op die toneel dood.


"Ek dink nie Mike het ooit gedink hy sou so doodgaan nie," het sy broer,
mnr. Peter Larkin, van Bellville, gister gesê. "Dit is moeilik om te dink
dat so 'n persoon sy lewe so wreed verloor het".


Die oorledene het verlede jaar vanaf Johannesburg na Kaapstad verhuis en
het in Dulwichlaan gewoon.


"My broer het verswakte sig gehad. Hy het altyd oral gestap, want hy kon
nie bestuur nie.


"Hy was vriendelik, nederig en 'n baie gelowige persoon. Bowen­al was hy 'n
baie private mens."


Volgens Larkin het hulle mekaar gereeld gesien.


"Ek kan nie eers sê hoe ek nou voel nie. Ons suster Bridget (van
Johannesburg), is ook hier. Sy dogter in Engeland is reeds van sy dood
verwittig."


Me. Sofia Singlee (22), 'n finalejaar-regstudent aan die UK, en haar gesin
het die moordtoneel gister besoek.


Volgens Singlee kan studente verstaan hoekom hul "geliefde professor" nie
sy sak wou prysgee nie.


"Hy sou nooit wou hê dat enige student hul eksamen moet herskryf nie," het
sy huilend gesê.


Geskokte regstudente het 'n groep op Facebook begin ter nagedagtenis aan
hul mentor.


Volgens 'n inskrywing op dié webwerf word 'n gedenkdiens vir Vrydag 23
November om 15:00 beplan.


Larkin se moord het woede onder inwoners ontlok wat voel rowers teiken hul
gebied.


"'n Dag voor die professor se dood is 'n jong vrou ook hier beroof," het 'n
inwoner van Roslynstraat, wat anoniem wou bly, gesê.


"Kort voor die professor hier reg voor ons deur vermoor is, het ek twee
mans hier sien rondhang.
"Ek het die polisie vertel, maar hulle het my nooit gekontak om 'n
identikit saam te stel nie."


Sinyangana het gesê niemand is sover in hegtenis geneem nie en geen
identikits van verdagtes is saamgestel nie.


Prof. Martin West, die UK se adjunk-visekanselier, het sy medelye met die
oorledene se familie en vriende betoon. Hy het gesê Larkin het hom ná 'n
lang en uitnemende verbintenis as student en professor aan die Universiteit
van die Witwatersrand in Januarie 2006 by die UK se regsfakulteit aangesluit.


Hy het in verskeie rade en komitees gedien. Prof. Jan Glazewski, 'n
kollega, het gesê hy het hom Vrydagoggend laas in hul tee­kamer gesien.


"Hy sou om 14:00 'n vergadering van die etiese komitee oor diere bygewoon
het en sou teen 16:00 daarmee klaar gewees het. Ons het nog gesels. Sy dood
is 'n tragedie."


'n Geregtelike doodsondersoek word vandag gedoen.
Geen begrafnisreëlings is nog getref nie.
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to Die Burger

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest

cron