2007-10-29 : Geweld-orgie ruk winkelsentrum

http://www.dieburger.com <br>dbmening@dieburger.com

Moderators: GenMod, AfrMod

2007-10-29 : Geweld-orgie ruk winkelsentrum

Postby GOSA » Tue, 2007-11-06 08:08

http://www.dieburger.com/Stories/News/1 ... 29016.aspx


Geweld-orgie ruk winkelsentrum
MARIUS LOUW
29/10/2007 11:30:46 PM - (SA)


STRAND. ­ 'n Sekerheidswag is gisteraand hier trompop in 'n rooftog
doodgeskiet toe agt tot tien gewapende rowers drie winkels in die Broadway
Square-sentrum binnegestorm het.


'n Polisieman is glo ook van sy vuurwapen en diensradio beroof toe van die
rowers hom omsingel het, het geskokte omstanders vertel.


Dit was na bewering die vyfde keer dat dié sentrum, wat slegs sowat 'n jaar
gelede geopen is, onder gewapende rowers deurgeloop het.


Die groep rowers het om 20:05 die Vee's Video-winkel asook 'n
vis-en-skyfie-winkel binnegestorm en geld geëis.


Van hul makkers het glo probeer om die Shoprite in dieselfde sentrum te
beroof. Volgens omstanders is verskeie skote afgevuur.


'n Geskokte jong man wat anoniem wou bly, het gesê die sekerheidswag is
twee keer op 'n kort afstand in die bors geskiet. "Hy het 'n koeëlvaste
baadjie aangehad, maar die skieter was slegs sowat 'n halwe meter van hom af."


'n Baba van sowat 'n jaar oud en haar pa is in hul geparkeerde motor gewond.


Mnr. Rohan van der Poel, 'n paramedikus van die ER24-ambulansdiens, het
gesê die kind se regteroog is deur glasskerwe beseer toe 'n koeël die
venster van die motor stukkend geruk het.


"Sy is na die Vergelegen-Medi-Clinic gebring. Haar toestand was bestendig.
Haar ma is egter baie erg getraumatiseer." Die kind se pa is ook skrams in
die linkersy getref.


Van der Poel het gesê die sekerheidswag is op die toneel dood.


Die eienaar van die videowinkel het gesê sy winkel is al drie keer in sowat
'n jaar beroof.


Ook hy wou nie sy naam verskaf nie. "Daar is 'n moordondersoek aan die gang
hier. Ek wil nie daai soort inligting vir jou gee nie," het hy geskok gesê.


Volgens hom is daar al heelwat met die sentrum se eienaars oor sekerheid
beraadslaag. "Hulle verkies om nie vuurwapens op die toneel te hê nie."


'n Gemeenskapsleier wat uit vrees vir vergelding nie sy naam wou verskaf
nie, het aan Die Burger gesê hulle het al talle kere met die sentrumbestuur
gepraat oor veiligheid. "Die probleem is die winkels bly te laat oop. Dit
was die vyfde rooftog hier in omtrent 'n jaar."


Hy het ook sy kommer uitgespreek dat die wagte gewoonlik nie gewapen is
nie. "Die sekerheidsmense loop met knuppels rond."


Sekerheidskameras is glo onlangs geïnstalleer, maar is nog nie in gebruik nie.


Die rowers het in 'n wit Volkswagen-minibus weggekom, het konst. Siphokazi
Mawisa, 'n polisiewoordvoerder, aan Leandra de Waal gesê. "Niemand is nog
in verband met die voorval in hegtenis geneem nie."


Sy het gesê 'n saak van moord is aanhangig gemaak.


Volgens 'n ingeligte is dit die tweede sekerheidswag wat in vyf maande by
dié sentrum doodgeskiet is. Die oorledene se naam sal bekend gemaak word
sodra sy naasbestaandes ingelig is.
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Postby wrm » Tue, 2007-11-06 08:18

Volgens hom is daar al heelwat met die sentrum se eienaars oor sekerheid
beraadslaag. "Hulle verkies om nie vuurwapens op die toneel te hê nie."


Ek het slegte nuus vir hulle.

Sien ook http://www.gunownerssa.org/forum/viewtopic.php?p=1777 -- nog iemand geskiet 2007-11-05.
[x]No Guns [x]No Rights [x]No Future [x]No Way
wrm
 
Posts: 144
Joined: Mon, 2006-01-30 08:02
Location: Cape Town


Return to Die Burger

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest

cron