2011-06-13: Krisis met wapen-lisensies

http://www.news24.co.za<br>
Submit letters at :<br>
<a href="http://www.news24.com/News24v2/Components/Generic/Feedback/0,,,00.html">http://www.news24.com/News24v2/Components/Generic/Feedback/0,,,00.html</a>

Moderator: GenMod

2011-06-13: Krisis met wapen-lisensies

Postby GOSA » Mon, 2011-06-13 13:32

http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika ... s-20110613


Krisis met wapen-lisensies
2011-06-13 06:59


Hilda Fourie
Johannesburg - Dit gaan 'n wonderwerk verg as die polisie sy
minister, Nathi Mthethwa, se sperdatum van einde Julie vir die
verwerking van alle aansoeke om vuurwapenlisensies wil haal.


Die polisie se kantoor van die sentrale vuurwapenregister het
sewe weke oor om meer as 'n half-miljoen aansoeke af te handel.


Nantes Kelder, hoof van gemeenskapsveiligheid by die
burgerregte-inisiatief AfriForum, sê "die aansoeke om
vuurwapenlisensies lê in die gange tot teen die dak".


"Dit is 'n krisis."


Hy het betroubaar verneem dat om dié agterstand te probeer
inhaal, die polisie 600 spoorwegpolisiebeamptes landwyd gekry het
om by dié kantoor in Pretoria te werk.


Die 600 het glo verlede week in skofte van 12 uur begin werk.


Die polisie kon dit nie Sondagmiddag bevestig nie.


Hy vermoed Mthethwa besef nie die omvang van die probleem nie
omdat dit lyk of die verkeerde inligting oor lisensie-aansoeke
glo deur die sentrale vuurwapenregisterkantoor aan die minister
gegee word.


Kelder het gesê Mthethwa het vroeër op 'n parlementêre vraag
geantwoord dat die getal hernuwingsaansoeke om vuurwapenlisensies
van 2004 tot einde Januarie 2009 altesame 881 136 was.


Volgens Kelder het hy egter betroubaar verneem die aantal
hernuwingsaansoeke in dié tyd was sowat 1,2 miljoen, waarvan
slegs 600 000 in dié vyf jaar afgehandel is.


Mthethwa het onlangs aangekondig dat van 1 Oktober verlede jaar
tot 18 April vanjaar 39 851 aansoeke van die hand gewys en 46 374
goedgekeur is.


Volgens Kelder het die polisie 'n onmoontlike taak as hulle in
vyf jaar slegs sowat 600 000 aansoeke kon finaliseer.


Van die oorblywende aansoeke kon daar in die ses maande van
Oktober tot April nie eens 100 000 aansoeke gefinaliseer word
nie.


"Die agterstand in die hantering van aansoeke om lisensies en
bevoegdheidsertifikate is veel groter as wat eers beraam is," het
Kelder gesê.


"Die kantoor van die sentrale vuurwapenregister het nie die
vermoë om die aansoeke af te handel nie.


"Dit wil lyk asof aansoeke voor die voet afgekeur word in 'n
poging om die sperdatum te haal."


Zweli Mnisi, Mthethwa se woordvoerder, sê die minister is
afhanklik van inligting wat 'n departement vir hom gee. Daarom
moet bewerings eers ondersoek word.



- Die Burger
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to News24

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest

cron