Dalk groot geld vir wapeneienaars
2009-08-31 14:08
http://www.nuus24.com/Content/Suid-Afri ... c19b126f3b
5bca76d0/31-08-2009%2002-08/Dalk_groot_geld_vir_wapeneienaars
Kaapstad - Die Kaapse hooggeregshof het Nathi Mthethwa, die minister van
polisie, 90 dae gegee om met riglyne vir die vergoeding vir
vuurwapeneienaars wat ingevolge die vuurwapenbeheerwet hul skietgoed aan die
staat oorhandig is, vorendag te kom.
Die bevel was Maandag deur die waarnemende regter-president van die
Wes-Kaapse hooggeregshof, regter Jeanette Traverso uitgereik.
Dit kom nadat die Geregtigheidsalliansie van Suid-Afrika (Jasa) en die
Valsbaai-skietklub ‘n aansoek tot vergoeding ingedien het.
John Smythe, woordvoerder van die alliansie, het gesê die uitspraak kan lei
tot die uitbetaling van miljoene rande aan wapeneienaars.
- Sapa