2013-03-04: Vrou skiet aanvaller dood

http://www.beeld.co.za<br>
Kontak Beeld deur op "Kontak ons" heel onder op die webblad te kliek.

Moderators: GenMod, AfrMod

2013-03-04: Vrou skiet aanvaller dood

Postby GOSA » Wed, 2013-03-06 10:00

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/V ... d-20130304

Vrou skiet aanvaller dood
2013-03-04 22:55

Marietie Louw-Carstens

’n Vrou van Tzaneen het gisteroggend ’n man doodgeskiet wat haar in ’n afgebrande stoor op ’n hoewe met ’n mes aangeval het.

Die aanvaller het Susan Pohl (52) met die mes in haar linkerarm gesteek voordat sy vier skote op hom geskiet het.

Sy het gistermiddag gesê: “Dit was ek of hy.”

Drie van die vier skote het die man getref. Hy is op die toneel dood.

Sy sê sy het gisteroggend omstreeks 09:00 na ’n afgebrande stoorkamer op die Yamorna-hoewes buite Tzaneen gegaan. Sy doen administratiewe werk vir die eienaars van die hoewe.

Die stoorkamer is die naweek vermoedelik deur booswigte afgebrand.
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to Beeld

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest

cron