2011-10-11: Polisie kry kamers vol wapens in huis

http://www.beeld.co.za<br>
Kontak Beeld deur op "Kontak ons" heel onder op die webblad te kliek.

Moderators: GenMod, AfrMod

2011-10-11: Polisie kry kamers vol wapens in huis

Postby GOSA » Tue, 2011-10-11 12:03

http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika ... s-20111011

Polisie kry kamers vol wapens in huis
2011-10-11 07:04

Hilda Fourie

Johannesburg. – “Ek en jy sal ’n oorlog kan wen met al die vuurwapens en ammunisie wat in dié huis is.”

Só het genl. Bheki Cele, nasionale polisiehoof, Maandagaand buite ’n huis in Valhalla, Centurion, gesê waar die Tshwane-metropolisie en die polisie op minstens ses kamers vol vuurwapens, ammunisie, buskruit, kommunikasietoerusting en polisie-, weermag- en lugmaguniforms afgekom het.

Teen druktyd is daar al 24 wapens getel, maar dit was nog nie duidelik wat nog in dié huis in Vikingstraat versteek was nie.

Cele het gesê die ammunisie was te veel om te tel.

“Ons sal nie weet wat die motief vir al die vuurwapens is voordat ons nie met die eienaar gepraat en hy vir ons ’n paar antwoorde gegee het nie.”

Die huurder van die huis, wat nie haar naam genoem wil hê nie, het gisteraand gesê sy het verlede Vrydag ingetrek.

Sy huur net ’n gedeelte van die huis wat aan ’n man behoort wat in Londen bly.

Lt.kol. Tshisikhawe Ndou, Gautengse polisiewoordvoerder, het gesê al die bewerings teen die eienaar sal deel van die ondersoek uitmaak. Hy het gesê daar is onder meer ammunisie vir ’n R1- en ’n R5-aanvalsgeweer, ’n .38-rowolwer en 9mm-pistool en verskillende vuurwapens, soos ’n .303 jaggeweer en verskeie pistole gevind.

- Beeld
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Postby wrm » Tue, 2011-10-11 12:08

Hoe lank vat hulle om tot by 24 te tel?

Hulle moet maar liewer nie by my kom kuier nie, hulle sal twee dae lank tel. Ek dink 24 is 'n goeie begin, niks meer nie.
[x]No Guns [x]No Rights [x]No Future [x]No Way
wrm
 
Posts: 144
Joined: Mon, 2006-01-30 08:02
Location: Cape Town

Postby GOSA » Wed, 2011-10-12 11:03

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/V ... e-20111011


Vuurwapens by huis ''n storm in 'n teekoppie'
2011-10-11 22:49
Hilda Fourie


Die eienaar van die huis in Valhalla, Centurion, waar 'n "klein
arsenaal" gevind is, is 'n geregistreerde vuurwapen- en
ammunisieversamelaar.


Mnr. Tersius Jansen van Rensburg was ook tot 'n paar jaar gelede
'n geregistreerde wapensmid.


Mnr. Carvel Webb, voorsitter van die Suid-Afrikaanse
vuurwapen-en-ammunisie-versamelaarsvereniging (Saaca), het gister
bevestig Jansen van Rensburg het 'n vuurwapen- en
ammunisie-versamelaarsertifikaat by die polisie en Saaca.


Mnr. George Nell, prokureur en kenner van die nuwe Wet op Beheer
van Vuurwapens, het aan Beeld bevestig dat hy Jansen van
Rensburg, eienaar van die huis waarin die vuurwapens en ammunisie
gevind is, verteenwoordig.


Jansen van Rensburg woon tans in Brittanje en verhuur sy huis in
Vikingweg.


Webb het gesê die voorval is moontlik 'n "storm in 'n teekoppie"
omdat dit wil lyk of die wapens en ammunisie wettig is.


Genl. Bheki Cele, nasionale polisiehoof, het eergisteraand buite
die huis gesê hy het "te veel" wapens en ammunisie gesien.


"Ek en jy sal 'n oorlog kan wen met al die vuurwapens en patrone
wat in dié huis is."


Die Tshwane-metropolisie se K9-eenheid en die polisie het
eergisteraand op dié vonds afgekom nadat die vrou wat die huis
huur onraad begin vermoed het weens al die gangkaste en kamers in
die huis wat gesluit was.


Die polisie het op die arsenaal afgekom nadat 'n springstofhond
aangedui het daar is vuurwapens en ammunisie in die kamers en
gangkaste.


Polisielede het deurnag gewerk om alles te tel waarna hulle dit
na die Wierdabrug-polisiekantoor geneem het.


Teen gisteroggend was daar steeds dele van vuurwapens en
ammunisie wat in die huis rondgelê het.


Lt.kol. Tshisikhawe Ndou, Gautengse polisiewoordvoerder, het gesê
meer as 30 vuurwapens, magasyne vir 'n R5- en R1-aanvalsgeweer,
skokgranate en duisende patrone is gevind.


Volgens Ndou was die minderheid van dié wapens en ammunisie in 'n
kluis toegesluit.


"In dié stadium kan ons nie sê of die eienaar 'n verdagte is of
nie, maar hy sal ons beslis in die ondersoek kan help," het Ndou
gesê.


"Daar is tans nie enige inligting wat aandui dat hy 'n
versamelaar is nie."


Webb het gesê volgens hul inligting is die vuurwapens wat gevind
is in stukke "wat nie lisensieerbaar is nie".


"Die eienaar het wel gelisensieerde vuurwapens wat in 'n kluis by
'n wapenhandelaar is," het Webb gesê.


"Die ammunisie wat hy het, is sy vuurwapens s'n wat in die kluis
by die wapenhandelaar is."


Volgens Webb plaas die Wet op Beheer van Vuurwapens nie 'n
beperking op die getal vuurwapens wat 'n versamelaar mag hê nie,
maar dit moet gebêre word in 'n bewaringsplek wat aan die polisie
se standaarde voldoen.


Ingevolge die ou vuurwapenwet is daar nie 'n beperking op die
hoeveelheid ammunisie wat jy mag hê nie, hoewel die nuwe wet jou
beperk tot 200 patrone per vuurwapenlisensie.


Indien jy 'n vuurwapenlisensie het, mag jy in besit wees van die
samestellende dele van 'n koeël om 'n wapen te herlaai.


Webb het gesê as die vuurwapens in 'n kluis op jou eiendom is,
die veiligheidsmaatreëls op standaard is en die huurder het nie
toegang daartoe nie, "sou jy dit tegnies daar kon los sonder om
by die huis te wees".
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa


Return to Beeld

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest

cron