2011-03-22: 'Dit sal selfmoord wees'

http://www.beeld.co.za<br>
Kontak Beeld deur op "Kontak ons" heel onder op die webblad te kliek.

Moderators: GenMod, AfrMod

2011-03-22: 'Dit sal selfmoord wees'

Postby GOSA » Wed, 2011-03-23 10:16

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/D ... s-20110322


'Dit sal selfmoord wees'
2011-03-22 22:46
Lizel Steenkamp

Kaapstad. - Dit sal "selfmoord" wees om die polisie se omstrede
taktiese-reaksie-eenhede - waarvan sommige met aanrandings in
Johannesburg verbind word - te sluit.


Genl. Bheki Cele, nasionale polisiehoof, het die eenhede gister
in die parlement verdedig en gesê "almal vergeet" dit is danksy
húlle dat transitorooftogte en rooftogte in banke en
winkelsentrums sedert einde 2009 drasties afgeneem het.


Die polisie se topbestuur het hul strategiese plan vir die 2011-'12-boekjaar
aan die portefeuljekomitee oor polisie voorgelê en bekend gemaak
dat R35 miljoen bestee gaan word om taktiese-reaksie-eenhede
landwyd te versterk.


Minstens 1 100 nuwe lede gaan opgelei en toegerus word.


Me. Dianne Kohler Barnard, DA-LP, het die plan gekritiseer en
gesê die eenhede is "buite beheer".


"Daar is videomateriaal van hoe hulle mense in klubs aanrand. Nou
moet ons nog geld gee vir 'n eenheid wat almal wil hê gesluit
moet word."


'n Gautengse taktiese-reaksie-eenheid was onlangs in die nuus
weens die beweerde aanranding van mense in kuierplekke in
Hillbrow en Melville.


Beeldmateriaal van die gewelddadige optrede het die provinsiale
polisiebestuur geskok.


Cele het teenoor LP's toegegee die beamptes "sal dan en wan
handuit ruk" omdat dit "kragtige, hoogs opgeleide en sigbare
eenhede is".


Dié beamptes is opgelei om uiters gevaarlike situasies te
hanteer - iets waarvoor gewone beamptes nie toegerus is nie.


Hy het volgehou die eenhede verrig "wonderlike werk" en dat hulle
geloof moet word.


"Ons praat dít wat gebeur het nie goed nie. Maar almal vergeet
hoe stil dit in Desember in Hillbrow was.


Almal hier weet dat rooftogte aansienlik afgeneem het. Dít is
hoekom ons hulle het.


"Dit sal selfmoord wees om hulle te sluit; ons sal misdadigers se
planne bevorder. Ons moet dit wat fout is eerder regstel."


Cele het ook gesê die polisie sal hulle in die komende boekjaar
daarop toespits om negatiewe persepsies oor misdaad "te bestuur".


Volgens hom kan die polisie nie agteroor sit terwyl leuens oor
misdaad in Suid-Afrika oor die wêreld heen versprei word nie.


"Ons moet kommunikeer wat wérklik aangaan."


Me. Sindi Chikunga, ANC-LP en komiteevoorsitter, het twee
polisielede se ongemagtigde "besoek" aan die kantoor van die
openbare beskermer vroeër vandeesmaand veroordeel.


"Dit is skokkend en 'n ernstige bekommernis," het sy mnr. Nathi
Mthethwa, minister van polisie, en Cele meegedeel.


Die polisie se voorlegging was gister vir die soveelste keer
laat, onvolledig en gebrekkig.


"Ek sê dit voor die minister: Ons kan nie so aangaan nie," het
Chikunga gesê.


Sy het Cele-hulle beveel om behoorlik voor te berei en volgende
week terug te kom met 'n strategiese plan waarin meetbare
doelwitte en duidelike mikpunte vir misdaadbestryding uiteengesit
is.


Volgens haar is die polisie se hulpbronne vermors (17
bestuurslede het Kaapstad toe gevlieg) vir 'n vergadering waarop
daar nie veel uitgerig is nie.
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to Beeld

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 2 guests

cron