2011-03-08: 20 429 van polisie se wapens weg

http://www.beeld.co.za<br>
Kontak Beeld deur op "Kontak ons" heel onder op die webblad te kliek.

Moderators: GenMod, AfrMod

2011-03-08: 20 429 van polisie se wapens weg

Postby GOSA » Wed, 2011-03-09 07:47

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/2 ... g-20110308

20 429 van polisie se wapens weg
2011-03-08 23:51

Lizel Steenkamp

Kaapstad. - Die polisie het gister toegegee dat hul gebrek aan
dissipline en vuurwapenbeheer "kommerwekkend" is toe dit aan die
lig gekom het dat die polisie 20 429 wapens sedert April 2004
"verloor" het.


Die topbestuur kon gister in die parlement nie sê hoeveel
beamptes weens dié verliese strafregtelik vervolg, getug of
afgedank is nie.


Parlementslede van die ANC en opposisiepartye het woedend
gereageer en gesê dit is onaanvaarbaar dat burgerlikes vervolg
word wanneer hulle private wapens verloor, terwyl polisiebeamptes
skotvry daarvan afkom.


LP's het die polisie selfs daarvan beskuldig dat hulle 'n aandeel
in die land se hoë misdaadsyfer het.


Volgens statistieke wat lt.genl. Gary Kruser, hoof van
verkrygingsdienste, aan die portefeuljekomitee oor polisie
voorgehou het, is net 4 810 polisiewapens in dieselfde tyd
teruggevind.


Die topbestuur kon nie antwoord toe komiteelede hulle gepeper het
met vrae oor wát met beamptes gebeur wanneer hulle wapens verloor
nie.


"Die Wet op die Beheer van Vuurwapens plaas 'n
reuse-verantwoordelikheid op burgerlikes, maar 'n beampte kan 'n
wapen, 'n tweede én 'n derde wapen verloor en steeds sy
vuurwapenlisensie behou. Maar as ék my wapen verloor, is dit 'n
ander saak," het me. Annelize van Wyk (ANC) gesê.


Volgens haar is die vereistes wat aan burgerlikes gestel word
heelwat strenger as vir polisiebeamptes. "As jy al die verliese
in ag neem, is die polisie vir die toename in onwettige
vuurwapens verantwoordelik."


Me. Sindi Chikunga, ANC-LP en komiteevoorsitter, het die verliese
gewyt aan 'n "laissez-faire-houding" in die polisie, "want ek
weet as ek my wapen verloor, gaan ek 'n ander een kry". "Ek is
daarvan oortuig dat talle moorde met polisiewapens gepleeg word."


Me. Dianne Kohler Barnard (DA) het gesê sy sal nie verbaas wees
as beamptes hul wapens aan misdadigers verkoop nie.


Mnr. Pieter Groenewald (VF+) wou weet hoeveel beamptes
strafregtelik vervolg is en hoeveel bevoegdheidsertifikate het.


LP's meen polisiebeamptes moet verlore wapens uit hul eie sakke
vervang en dat strafmaatreëls ingestel moet word.


Lt.genl. Magda Stander, die polisie se nasionale personeelhoof,
het toegegee die gebrek aan dissipline en vuurwapenbeheer is
"inderdaad kommerwekkend".


Beamptes versuim om wapenverliese aan te meld en gevolglik het
bevelvoerders opdrag ontvang om elke ses maande 'n inspeksie uit
te voer om verliese aan te teken.


Diegene wat bedank of aftree, sal voortaan nie hul pensioen
ontvang nie voordat hul wapens ingedien is.


Die polisie het 269 761 vuurwapens. Die meeste is dienspistole en
die res (4 916) outomatiese gewere, mortiere en
sluipskutterwapens. Al dié wapens word nou ballisties getoets en
die data geberg. Dit sal die polisie in staat stel om te bepaal
of wapens wat teruggevind word aan die polisie behoort het en of
dit met misdade verbind kan word.


Polisiewapens word ook met spesiale tegnologie gemerk omdat
misdadigers wapens se reeksnommers afvyl.


Volgens Kruser sal alle oorskotwapens voortaan in die polisie se
nasionale verkrygingsentrum geberg word om beter beheer uit te
oefen.


'n Spesiale raad met die mandaat om beamptes te daag om
mondelinge getuienis af te lê, is ook aangestel om wapenverliese
te ondersoek
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to Beeld

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest

cron