2009-10-08: 'Vat kar en los my' ­ toe volg kopskoot

http://www.beeld.co.za<br>
Kontak Beeld deur op "Kontak ons" heel onder op die webblad te kliek.

Moderators: GenMod, AfrMod

2009-10-08: 'Vat kar en los my' ­ toe volg kopskoot

Postby GOSA » Mon, 2009-11-16 09:15

http://www.nuus24.com/Content/Suid-Afri ... g_kopskoot


'Vat kar en los my' ­ toe volg kopskoot
2009-10-08 09:33



Sonja van Buul


Vereeniging. ­ Hy het die vuurwapen se loop koud teen sy nek gevoel.
Sekondes later het die koeël hom in die kop getref toe die rower
koelbloedig die sneller getrek het.


Theo Beukes (46) van Falcon Ridge in Vereeniging het dié aanval egter
wonderbaarlik oorleef.


Beukes het gister self vertel hoe hy Maandagaand pas die motorhek oopgemaak
het toe hy 'n slag agter hom hoor.


"Ek het gedink dis een van my seun, Christo (19), se vriende wat teen die
hoë oprit vasry, maar dis toe 'n vreemde motor," het Beukes gister moeisaam
in die waakeenheid van die Vereeniging Medi-Clinic aan Beeld gesê.


Wat daarop gevolg het, was binne sekondes oor en die rowers het met hul
silwer Mazda 3 en Beukes se wit VW Jetta 4 gevlug.


"Een rower het in die motor bly sit en twee ander was vinnig op my pa," het
Christo gesê.


Hulle het Beukes gedwing om op die grond te lê.


"Vat my motor. Los my, moenie skiet nie," het hy glo gesê.


Een rower het by sy makker gepleit om Beukes nie te skiet nie, maar nadat
dié gevra het hoeveel mense in die huis is, het hy die sneller getrek.


Beukes se vrou, Tina (44), en dogter, Cornél (14), was tuis.


"Beukes is skuins agter sy oor geskiet en die patroon is deur sy kakebeen,
sy tong en voortande by sy lip uit," het Chris Botha, woordvoerder van
Netcare 911, gesê.


"Die hoek waaruit Beukes geskiet is, het sy lewe gered."


"Ek het maar so 'n paar rukke gegee en dood gespeel om te keer hulle skiet
my weer," het Beukes gesê.


Die swaar gewonde man het kort daarna na sy vrou op die voorstoep geloop.


"My ma het gedink iemand skiet 'n klapper en het eers gesien my pa is
gewond toe hy bebloed aangestap kom," het Christo gesê.


Paramedici van Netcare 911 het noodbehandeling op Beukes toegepas en hom na
dié hospitaal geneem.


Hy sal na verwagting vanoggend geopereer word om die skade aan sy kakebeen
en gesig te herstel.


"Dit was nog net nie my tyd gewees nie," het Beukes gister gesê.


Hy hoop die polisie "trap gou die rowers vas".


Volgens kapt. Thivhulawi Tshilate, polisiewoordvoerder, is Beukes se
verlate motor eergister deur die Vaalrand-blitspatrollie in Duncanville,
Vereeniging, teruggevind.


"Die verdagtes is nog op vrye voet."


­ Beeld
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to Beeld

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest

cron