2008-07-13 : Wag skiet kind: hof verwerp eis

http://www.beeld.co.za<br>
Kontak Beeld deur op "Kontak ons" heel onder op die webblad te kliek.

Moderators: GenMod, AfrMod

2008-07-13 : Wag skiet kind: hof verwerp eis

Postby GOSA » Tue, 2008-10-21 13:35

Wag skiet kind: hof verwerp eis
Jul 13 2008 07:12:12:147PM - (SA)


http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika ... 52,00.html

Philip de Bruin


Die tragiese voorval waarin ’n veiligheidswag by ’n private woning ’n
16-jarige seun met ’n 12-boor-haelgeweer geskiet het toe dié seun
“kattekwaad” wou aanvang, “is ’n goeie voorbeeld van hoe ’n hulpelose
gemeenskap se maatreëls teen misdaad negatiewe gevolge kan hê”.


Só het appèlregters M. Navsa, V. Ponnan en S. Snyders gesê in ’n uitspraak
waarin hulle ’n eis om skadevergoeding verwerp het wat die ?ouers van die
seun, Gideon Saayman, teen die huiseienaar, mnr. Christiaan Visser van
Kimberley, ingestel het.


Gideon is op die “tragiese dag” in Februarie 1999 erg in die nek en rug
beseer toe hy en ’n vriend laatnag en albei onder die invloed van drank by
Visser se spoghuis verbygestap het en ’n reuse-blombak wou omgooi.


Visser het ’n veiligheidswag by sy huis omdat hy ’n diamanthandelaar is en
altyd diamante in sy huis het. Hy is ook dikwels van die huis af en was bang
dat sy gesin dan aangeval kan word.


Toe die veiligheidswag van Gideon en sy vriend bewus word, het hy op hulle
geskreeu. Hulle het begin hardloop. Die veiligheidswag het die skoot
afgevuur wat Gi?deon getref het. Sy beserings is só ernstig dat sy gesin na
Parow moes verhuis om nader te wees aan die dokters wat Gideon deurlopend
behandel.


Gideon se pa het betoog dat Visser nalatig was deurdat hy nie ’n
kennisgewing by sy huis laat aanbring het dat ’n veiligheidswag aan diens
was nie. Hy moes ook die omgewing waarin die wag diens doen, helder verlig
het, het hy betoog.


Voorts, het hy gesê, moes die wag eers waarskuwingskote afgevuur het.


Die appèlregters het al drie dié argumente verwerp. Vir eers was die seuns
te dronk om ’n kennisgewing te kon raaksien. Tweedens maak dit geen sin dat
’n huiseienaar die teenwoordigheid en posisie van sy veiligheidswag aan die
hele wêreld bekend maak nie. Derdens is daar geen meriete in die argument
dat ’n veiligheidswag wat gevaar vermoed, eers waarskuwingskote moet afvuur
nie.


Die regters het gesê die voorval het bewys wat kan gebeur as ’n “moedelose
en uitgelewerde” publiek self maatreëls moet tref om hulself te beskerm teen
die “onbeheerde misdaadgolf”.


Hopelik sal sulke voorvalle die regering aanmoedig om “elke moontlike
hulpbron” te gebruik om te keer dat misdaad mense se vertroue in die
grondwetlike bestel ondermyn.
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to Beeld

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest

cron