2008-07-18 : Sterf in koeëlreën

http://www.beeld.co.za<br>
Kontak Beeld deur op "Kontak ons" heel onder op die webblad te kliek.

Moderators: GenMod, AfrMod

2008-07-18 : Sterf in koeëlreën

Postby GOSA » Wed, 2008-07-16 14:16

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika ... 59,00.html

Sterf in koeëlreën
Jun 18 2008 08:05:52:820AM - (SA)

'n 37-jarige polisiebeampte is Woensdag dood toe "ten minste tien mense met outomatiese gewere" op hom losgebrand het toe hy op 'n kitsbank-bomontploffing in Kilnerpark in Pretoria gereageer het.
'n Polisiewoordvoerder het aan Sapa gesê daar is op twee polisievoertuie geskiet toe die geregsdienaars omstreeks 03:00 op die toneel van die ontploffing by 'n Engen-vulstasie opdaaag.

"Die (oorlede) polisie-offisier is in die kop getref. Hy het beheer oor sy voertuig verloor; dit het omgeslaan en bo-op hom geval.

"Hy is op die toneel dood."

Volgens die woordvoerder het die aanvallers in vier voertuie, insluitend 'n Volkswagen-bakkie wat hulle by die vulstasie gekaap het, van die toneel af gevlug. Hulle het ook met 'n bedrag geld weggekom.

Die polisie stel ondersoek in. - Sapa
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to Beeld

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 2 guests

cron