2008-06-12 : Anderste aksie teen misdaad in SA kom

http://www.beeld.co.za<br>
Kontak Beeld deur op "Kontak ons" heel onder op die webblad te kliek.

Moderators: GenMod, AfrMod

2008-06-12 : Anderste aksie teen misdaad in SA kom

Postby GOSA » Wed, 2008-07-16 14:11

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika ... 92,00.html


Anderste aksie teen misdaad in SA kom
Jun 12 2008 10:46:53:573PM - (SA)


Alet van Zyl


Selfs al sou Suid-Afrika die beste regstelsel in die wêreld hê, sou dit nie
sy misdaadprobleem oplos nie, omdat die misdadigers die kapasiteit ver oorskry.


Die antwoord lê eerder in die gemeenskap se proaktiewe optrede daarteen,
meen mnr. Roelf Meyer, voormalige kabinetsminister en projekleier van die
nuwe Aksie vir 'n Veiliger Suid-Afrika-inisiatief.


Dié inisiatief wil lede van die gemeenskap betrek om eerder te fokus op
voorkomingsmaatreëls binne die gemeenskap as veiligheidsmaatreëls.


"Suid-Afrikaners spandeer jaarliks R46 miljard aan private
veiligheidsmaatskappye, 20% van alle misdaad word nét vir
versekeringsdoeleindes aangemeld en 'n geskatte 33% tot 66% van misdaad
word nooit aangemeld nie," lui 'n verklaring deur die inisiatief.


Dié statistieke wys: Private veiligheidsmaatreëls werk nie en
Suid-Afrikaners wantrou die reeds oorlaaide regstelsel.


Om dié twee probleme op te los gaan die inisiatief vanaf 25 tot 28 Augustus
by Vodaworld in Midrand vergader.


Die kongres gaan uit agt werkgroepe bestaan wat onder meer sal fokus op die
een miljoen ma's wat elke jaar babas het, "vrede in die huis",
jeugprogramme en slagoffers van misdaad.


Een werkgroep sal ook planne beraam oor hoe veroordeelde misdadigers meer
doeltreffend in die gemeenskap geherintegreer kan word. Volgens me. Barbara
Holtmann, misdaadvoorkomingsnavorser van die Wetenskaplike en
Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR), is dié fokus belangrik.
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to Beeld

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest

cron