2008-03-04 : Polisiemanne vas oor 'bloulig'-kaping op N2

http://www.beeld.co.za<br>
Kontak Beeld deur op "Kontak ons" heel onder op die webblad te kliek.

Moderators: GenMod, AfrMod

2008-03-04 : Polisiemanne vas oor 'bloulig'-kaping op N2

Postby GOSA » Mon, 2008-04-14 07:28

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika ... 10,00.html

Polisiemanne vas oor 'bloulig'-kaping op N2
Mar 04 2008 09:26:27:250AM - (SA)


Twee Durbanse polisiemanne is Maandagaand in hegtenis geneem nadat hulle met 'n voertuigkaping verbind is.
'n Polisiewoordvoerder sê die verdagtes, wat onderskeidelik 38 en 47 jaar oud is, is verbonde aan die KwaMakutha-polisiekantoor.

Hulle het na bewering Vrydagaand 'n paartjie wat in 'n minibus op die N2 na Durban onderweg was met behulp van 'n blou lig (soos dié wat die polisie gebruik) in 'n rooi Golf gestop.

Vier gewapende mans het in die minibus geklim en die paartjie gedwing om verder te ry, met die Golf wat hulle gevolg het.

Die paartjie is naby Umkomaas uit die minibus gedwing.

Die voorval is by die polisie aangemeld en die twee verdagtes is daarmee verbind.

Die gesteelde minibus is in die parkeerarea van die KwaMakutha-polisiekantoor gevind.

Die polisie sê hulle soek na nog verdagtes. - Sapa
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to Beeld

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest

cron