2008-02-24 : Gesin gee pad uit huis ná 4 se aanval

http://www.beeld.co.za<br>
Kontak Beeld deur op "Kontak ons" heel onder op die webblad te kliek.

Moderators: GenMod, AfrMod

2008-02-24 : Gesin gee pad uit huis ná 4 se aanval

Postby GOSA » Mon, 2008-04-14 07:04

Gesin gee pad uit huis ná 4 se aanval
Feb 24 2008 08:06:42:150PM - (SA)

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika ... 13,00.html


Buks Viljoen



Malalane. ­ Dit was ’n bloedige naweek in die Laeveld nadat minstens vyf
mense, insluitend drie rowers, in twee afsonderlike skietvoorvalle gewond
is.


’n Kuiertjie saam met vriende het Vrydagaand vir die Muller-familie van die
plaas Bahudi sowat 2 km buite dié dorp in ’n nagmerrie ontaard toe hulle
deur vier gewapende rowers aangeval is.


Mnr. Org Muller (76) word in die waakeenheid van Nelspruit Medi-Clinic
behandel nadat hy tydens die aanval op die rowers gevuur en daarna self in
die maag geskiet is.


“My gesin is só getraumatiseerd ná die aanval dat ons Sondagaand in ’n hotel
in Nelspruit deurgebring het,” sê mnr. George Muller (40), Org se seun.


Muller jr. sê hy en sy pa was omstreeks 21:00 besig om vleis te braai terwyl
sy gesin en vriende rugby gekyk het.


“Die volgende oomblik het die vier aanvallers uit die donker te voorskyn
gekom en sonder om ’n woord te sê, op ons begin skiet.”


Terwyl hy sy familie in die huis laat wegkruip het, het Muller sr. op die
rowers geskiet.


“Een van hulle het omgeswaai en na Pa geskiet. Hy is in die maag getref.”


In die oor-en-weer-skietery is een van die gaste, mnr. Henko Celliers, ook
in die arm gewond.


Die rowers het gevlug. Sowat 45 minute later is twee verdagtes op die N4
deur die polisie opgespoor.


Albei was gewond.


Die polisie het vasgestel die twee verdagtes is Mosambiekers.


# In nóg ’n voorval is ’n inbreker in ’n bedenklike toestand in die
Themba-hospitaal nadat hy eergisternag minstens nege keer in die Uitsig
Landgoed buite Nelspruit raak geskiet is.
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to Beeld

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest

cron