Speelgoed
Feb 25 2008 07:02:59:187PM - (SA)
http://www.news24.com/Beeld/Opinie/Hoof ... 05,00.html
Die beoogde regulasies van mnr. Charles Nqakula, minister van veiligheid en
sekuriteit, om die dra van speelgoedgewere, messe of windbukse by openbare
plekke of paaie te verbied, kan beperkte nut hê.
Maar vir middelklasmense wat in hul huise aangeval word, hou dit min waarde
in. Inteendeel, dit maak hulle kwaad dat die minister hom oor speelgoed
bekommer, maar nie daadwerklik iets aan huisrooftogte doen nie.
Die beoogde regulasies moet behoorlik en vir lank genoeg vir bespreking in
die gemeenskap oopgestel word sodat belastingbetalers duidelikheid kan kry
en konsensus kan groei.
’n Regulasie wat bepaal speelgoed-pistole moet helder kleure hê sodat dit
dadelik herken kan word, kan seker nuttig wees. Daar sal ook in ag geneem
moet word dat messe vir wettige redes gedra kan word. En wetsgehoorsame
burgers moet hulself kan verdedig.
Swak opgeleide polisiebeamptes moet liefs nie te veel diskresie gegee word
nie.