2007-11-19: Vier rowers doodgeskiet, vier vas

http://www.beeld.co.za<br>
Kontak Beeld deur op "Kontak ons" heel onder op die webblad te kliek.

Moderators: GenMod, AfrMod

2007-11-19: Vier rowers doodgeskiet, vier vas

Postby Rudi » Mon, 2007-11-19 20:14

Vier rowers doodgeskiet, vier vas
Nov 19 2007 01:06:10:227PM - (SA)

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2223559,00.html

Vier rowers is doodgeskiet en vier in hegtenis geneem nadat hulle vanoggend (Maandag) probeer het om 'n Coin-geldwa te beroof.

Coin-sekuriteitswagte het omstreeks 09:00 agtergekom hul geldwa word op die Christina De Wit-rylaan in Pretoria deur 'n swart Nissan Navara agtervolg. Die wagte het onmiddellik die polisie se taakmag in kennis gestel, het polisiewoordvoerder kapt. Sally de Beer gesê.

Terwyl die wagte besig was met die oproep het 'n Mercedes-Benz in die geldwa vasgery.

Teen die tyd dat die polisie op die toneel opgedaag het, was daar reeds 'n oor en weer geskietery tussen die rowers en die Coin-sekuriteitswagte.

"Vier rowers is in die skietery dood en nog vier is gearresteer, waarvan een gewond is," het de Beer gesê.

"Ongelukkig is twee van die polisie se taakmaglede ook gewond - een is in die gesig geskiet."

Albei polisielede is na 'n hospitaal gebring waarvan een later aan sy wonde beswyk het.

Die polisie het op drie vuurwapens beslag gelê asook op drie voertuie wat in die rooftog gebruik is, 'n Mercedes Benz, Nissan Navara en 'n Ford Focus.

Geen geld is geroof nie.

Dit is die tweede mislukte kaping wat Maandag in Gauteng plaasgevind het.

Vroeër is 'n rower doodgeskiet en vier ander gewond in 'n transito-rooftog in Sebokeng, het die polisie gesê. - Sapa
Rudi
 
Posts: 405
Joined: Thu, 2006-03-30 08:42
Location: Sandton, South Africa

Return to Beeld

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 2 guests

cron