2007-11-16: Briewe: Skandeer vir veilige inkopies

http://www.beeld.co.za<br>
Kontak Beeld deur op "Kontak ons" heel onder op die webblad te kliek.

Moderators: GenMod, AfrMod

2007-11-16: Briewe: Skandeer vir veilige inkopies

Postby Rudi » Mon, 2007-11-19 20:11

Skandeer vir veilige inkopies
Nov 16 2007 06:49:09:910PM - (SA)

http://www.news24.com/Beeld/Opinie/Briewe/0,,3-2085-73_2222337,00.html

Riets, Annlin

Ek lees van die swart Kerstyd by winkelsentrums (Inkopie-bloedseisoen, 16 November) en wonder net hoekom ons nie die skandeerders wat in die struggle-era by winkelsentrums gebruik is, weer kan inspan nie.

Dit sal sekerlik nie die diewe uithou nie, maar as dit gekoppel word aan ’n alarm wat die hele sentrum kan hoor, sal dit dalk net keer dat mense onnodig seerkry.

Dis die outydse waarheid: Voorkoming is beter as genesing.

Ons loop by lughawens deur sulke skandeerders sonder om twee keer daaroor te dink; waarom nie ook by winkelsentrums nie? Ek sal baie eerder by so ’n sentrum gaan koop.

Komaan, veiligheidsfoendi’s, sit koppe bymekaar en kom vorendag met ’n patent wat julle skat­ryk sal maak en ons van lekker inkopies kan verseker
Rudi
 
Posts: 405
Joined: Thu, 2006-03-30 08:42
Location: Sandton, South Africa

Return to Beeld

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest

cron