Wapens teen kinders se koppe
Nov 15 2007 07:55:22:470PM - (SA)
http://www.news24.com/Beeld/Opinie/Briewe/0,,3-2085-73_2221837,00.html
Gatvol, Mooinooi
Daar was Dinsdagaand twee plaasaanvalle op Barnardsvlei.
Die twee aanvalle het ongeveer ’n kilometer uit mekaar gebeur. Niemand is gearresteer nie.
In die eerste voorval is vuurwapens teen kinders se koppe gedruk. Besef lesers wat dít doen?
Sal die regering ooit by die punt kom waar daadwerklik iets aan hierdie situasie gedoen word?
Dit bring die getal aanvalle in twee maande, net in Barnardsvlei, op 17 te staan! Marikana se polisie het nie eens die telefoon beantwoord nie. Mooinooi-polisie was darem daar, maar dis ook al.
Wat is ons grondwetlike reg? Kan u dalk antwoord, mnr. die President?