2007-11-15: Polisieman swaar gewond in wilde rooftog

http://www.beeld.co.za<br>
Kontak Beeld deur op "Kontak ons" heel onder op die webblad te kliek.

Moderators: GenMod, AfrMod

2007-11-15: Polisieman swaar gewond in wilde rooftog

Postby Rudi » Mon, 2007-11-19 19:43

Polisieman swaar gewond in wilde rooftog
Nov 15 2007 12:17:03:597PM - (SA)

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2221595,00.html

Inkopiegangers het hul pakkies laat val en agter potplante ingeduik en winkeldeure het toegegaan toe die skote in 'n besige inkopiesentrum begin klap het.

'n Durbanse polisieman ondergaan 'n noodoperasie in die St. Augustine-hospitaal nadat hy vanoggend in die rooftog in die Pavilion-sentrum in Durban gewond is.

"Speurder André Mostert van die Berea-polisiekantoor was in die spervuur toe hy wou gaan help toe vier gewapende rowers op die vlug geslaan het nadat hulle 'n juwelier in die sentrum beroof het," het polisiewoordvoerder supt. Vincent Mdunge gesê.

Mostert is twee keer in die bors geskiet.

Die winkelvenster van die juwelierswinkel is vol koeëlgate en patroondoppies het die wêreld vol gelê ná die rooftog.

Dit is nog nie bekend of die rowers met buit weggekom het en of Mostert een van die booswigte raakgeskiet het nie.

Sover bekend is niemand anders in die voorval beseer nie. - Sapa
Rudi
 
Posts: 405
Joined: Thu, 2006-03-30 08:42
Location: Sandton, South Africa

Return to Beeld

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest

cron