2007-11-08: Wraak lei dalk tot moord op hotel-eienaars

http://www.beeld.co.za<br>
Kontak Beeld deur op "Kontak ons" heel onder op die webblad te kliek.

Moderators: GenMod, AfrMod

2007-11-08: Wraak lei dalk tot moord op hotel-eienaars

Postby Rudi » Fri, 2007-11-09 22:32

Wraak lei dalk tot moord op hotel-eienaars
Nov 08 2007 10:06:06:703PM - (SA)

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2217902,00.html

Mev. Ingrid en mnr. Siggi Sch&aumldle.
Dries Liebenberg


Durban. – Een van die grootste Duitse gemeenskappe in Suid-Afrika se “wind is uit hul seile gehaal” met die koelbloedige moord op die eienaars van ’n bekende hotel in die KwaZulu-Natalse Middellande.

Mnr. Siggi Schädle (68) en sy vrou, Ingrid (63), is eergisteraand op kort afstand in die ontvangslokaal van die Wartburger Hof-hotel in die dorpie Wartburg met ’n pistool geskiet.

Op pad uit het die aanvaller wéér vir mnr. Schädle geskiet waar hy op die grond gelê het nadat hy al klaar verskeie skote toegedien is, het mnr. Max Haller, die hotel se sjef, gesê.

Haller (55), wat al sewe jaar lank by die hotel werk, het eergisteraand omstreeks 22:00 op die aanvaller in die ontvangslokaal afgekom nadat hy die eerste skoot en ’n gil gehoor het. Haller het omgespring om die paniekknoppie te gaan druk.

In die oomblikke wat hy weg was, het nog skote opgeklink en by sy terugkeer was die aanvaller op pad uit.

Mev. Schädle, wat agter die ontvangstoonbank besig was om hotelrekenings op te stel, is noodlottig in die skouer gewond.

Haar man is verskeie kere in die bolyf geskiet.

Die hotelgaste was toe reeds bed toe en die restaurant leeg.

Die polisie het roof as motief uitgeskakel omdat dit voorkom of die aanvaller nie enigiets geneem het nie, het sr. supt. Henry Budhram, polisiewoordvoerder, gesê.

Hoewel die identiteit van die aanvaller volgens die polisie nie bekend is nie, is daar gister in die gemeenskap druk bespiegel dat iemand wat onlangs afgedank is, wraak geneem het.

Die nuus van die moord op die eienaars van die hotel, wat die spilpunt van die gemeenskap is, het die boeregemeenskap, toerismebedryf, asook ander inwoners van Wartburg geskok.

Mnr. Peter Sachse, eienaar van Community Watch, het gesê die Schädle-egpaar, wat die hotel die laaste 16 jaar tot ’n wêreldbekende onderneming opgebou het, was “skadelose” mense.

Mnr. S’bu Ndebele, KwaZulu-Natalse premier, het die “lafhartige daad” veroordeel en gesê hy is vol vertroue dat die polisie binnekort iemand in hegtenis sal neem.
Rudi
 
Posts: 405
Joined: Thu, 2006-03-30 08:42
Location: Sandton, South Africa

Return to Beeld

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest

cron