2007-11-08: Rowers skiet man in Pelindaba

http://www.beeld.co.za<br>
Kontak Beeld deur op "Kontak ons" heel onder op die webblad te kliek.

Moderators: GenMod, AfrMod

2007-11-08: Rowers skiet man in Pelindaba

Postby Rudi » Fri, 2007-11-09 22:30

Rowers skiet man in Pelindaba
Nov 08 2007 10:06:12:237PM - (SA)

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2217898,00.html

Virginia Keppler


’n Werknemer van die Suid-Afrikaanse Kernenergiekorporasie (Sakek) is in ’n bedenklike toestand nadat hy gisteroggend vroeg deur sowat drie gewapen-de rowers in Pelindaba, wes van Pretoria, beroof en geskiet is.

Mnr. Anton Gerber, operasionele beampte van Sakek se nooddienste, het glo omstreeks 01:00 probeer verhinder dat die rowers toegang tot die gebou kry toe hulle hom geskiet het.

Hy word tans in ’n hospitaal in Pretoria behandel.

Supt. Louis Jacobs, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie ondersoek ’n klag van gewapende roof en poging tot moord.

“In dié stadium kan ons net sê die slagoffer se selfoon is gesteel.”

Jacobs wou nie sê waar op Sakek se perseel die voorval plaasgevind het en hoeveel verdagtes betrokke was nie.

Me. Chantal Janneker, Sakek-woordvoerder, het gesê Gerber is in ’n stabiele toestand.

Sy wou haar nie uitlaat oor die veiligheid by Sakek, wat in die apartheidsera verantwoordelik was vir die land se kernwapenprogram nie.

Me. Bontle Mafuna, woordvoerder van die departement van minerale en energie, het gesê dit is jammer dat so iets gebeur het.

Sy het gesê Sakek sou gistermiddag ’n verslag oor dié voorval aan die departement stuur.

) In Julie is mnr. Eric Lerata (44), hoofbestuurder van Sakek, voor sy huis in Montanapark, noord van Pretoria, doodgeskiet nadat ’n kollega hom by die O.R. Tambo-lughawe gaan haal en huis toe geneem het. Hy is een keer in die kop geskiet en die aanvallers het die maatskappy se Corsa-motor gekaap.
Rudi
 
Posts: 405
Joined: Thu, 2006-03-30 08:42
Location: Sandton, South Africa

Return to Beeld

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest

cron