2007-11-09: Vyf mans skiet op polisie

http://www.beeld.co.za<br>
Kontak Beeld deur op "Kontak ons" heel onder op die webblad te kliek.

Moderators: GenMod, AfrMod

2007-11-09: Vyf mans skiet op polisie

Postby Rudi » Fri, 2007-11-09 22:30

Vyf mans skiet op polisie
Nov 09 2007 02:19:37:847PM - (SA)

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2218316,00.html

Vyf mans het wild op polisiebeamptes begin skiet op die M1-hoofweg noord van Johannesburg.

Dié voorval het vroeg Vrydagoggend tussen Grayston en Marlboro op die M1 plaasgevind sê polisiewoordvoerder kapt. Julia Claassen.

Sy sê 'n Sandringham polisiewa was besig om dié hoofweg te patrolleer toe hulle 'n wit Mazda 626 sonder nommerplate opgemerk het.

Die polisie het toe die voertuig van die pad afgedwing waarna vyf mans uitgespring en op die polisie begin skiet het.

Die vyf mans het terug gehardloop na die voertuig en gevlug toe daar 'n oor-en-weer skietery tussen húlle en die polisie ontstaan het.

'n 9mm-pistool en 'n rewolwer is op die toneel gevind.

Geen van die polisie-beamptes is beseer nie, maar volgens Claassen vermoed hulle dat een van die vyf mans wel beseer is, aangesien daar bloed op die toneel was.

Niemand is tot dusver met die voorval in hegtenis geneem nie. - Sapa
Rudi
 
Posts: 405
Joined: Thu, 2006-03-30 08:42
Location: Sandton, South Africa

Return to Beeld

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest

cron