2007-11-07: Polisiehoof vra respek, publiek-hulp

http://www.beeld.co.za<br>
Kontak Beeld deur op "Kontak ons" heel onder op die webblad te kliek.

Moderators: GenMod, AfrMod

2007-11-07: Polisiehoof vra respek, publiek-hulp

Postby Rudi » Fri, 2007-11-09 22:01

Polisiehoof vra respek, publiek-hulp
Nov 07 2007 09:21:48:233PM - (SA)

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2217002,00.html

Komm. Perumal Naidoo, Gautengse polisiehoof, was een van die polisielede wat
die publiek in 'n optog teen polisiemoorde in die Johannesburgse middestad
gelei het. Foto: Simphiwe Mbokazi
Aldi Schoeman

“Dit is ’n skande dat ons in die 14de jaar van demokrasie moet byeenkom
omdat ons polisiebeamptes afgemaai word.”

Só het mnr. Firoz Cachalia, LUR vir gemeenskapsveiligheid in Gauteng,
gistermiddag by die biblioteektuine in die Johannesburgse middestad gesê.

Cachalia het lede van die publiek, werkers van die departement van
gemeenskapsveiligheid en polisiebeamptes toegespreek voor die optog na die
burgersentrum teen moord op polisielede.

Gisteroggend is kranse by die huis in Jeppestown, Johannesburg, gelê waar
vier polisiebeamptes, insp. Frikkie van Heerden (33), konst. Francois
Seaward (31), sers. Gert Schoeman (30) en insp. Victor Mathye (49) in Junie
verlede jaar doodgeskiet is.

Volgens Cachalia is altesame 28 polisiebeamptes sedert die begin van 2007
tot gister vermoor. Altesame 15 van dié moorde is sedert Augustus gepleeg.

In een van die mees onlangse voorvalle is insp. Jacob Motloung (37) Sondag
op ’n hoewe in Ruimsig, Roodepoort, doodgeskiet toe hy sy suster teen
beweerde seksuele teistering wou beskerm.

Beeld het vroeër berig dat 108 polisielede volgens die polisie se
misdaadsyfers vir 2006-’07 landwyd vermoor is.

Dit is ’n styging van 13,7% in polisiemoorde teenoor die voorafgaande jaar.

Cachalia het gesê Suid-Afrikaners is ’n trotse en eerbare nasie, maar dat
misdadigers hul selfvertroue ondermyn.

“Misdadigers vermoor, verkrag en roof nie net nie. Hulle steel ook ons
trots.”

Hy het mense gevra om by gemeenskapspolisiëringsforums aan te sluit.

Komm. Perumal Naidoo, Gautengse polisiehoof, het mense gevra om misdaad en
verdagtes by die polisie aan te meld.

“Veral oor geharde misdadigers kry die polisie min inligting van die
publiek,” het Naidoo gesê.

Hy het ook gevra dat die publiek polisiebeamptes sal re­spekteer.

“Sê vir hulle dankie, maar die polisie is nie bo die wet verhewe nie,” het
hy bygevoeg.
Rudi
 
Posts: 405
Joined: Thu, 2006-03-30 08:42
Location: Sandton, South Africa

Return to Beeld

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest

cron