Eienaars van gewilde hotel doodgeskiet
Nov 08 2007 10:04:22:210AM - (SA)
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2217283,00.html
Durban. - 'n Bejaarde egpaar van Kwazulu-Natal is koelbloedig in hul hotel
doodgeskiet.
'n Polisiewoordvoerder het aan Sapa gesê mnr. Siggi Schädle (68) en sy vrou,
Ingrid (63), is ná 22:00 Woensdag in die Wartburger Hof-hotel, sowat 40 km
van Pietermaritzburg af, vermoor.
"Die sjef het krete by die ontvangsarea van die hotel gehoor en toe hy
ondersoek gaan instel, sien hy 'n gewapende man wat na Ingrid stap wat agter
die ontvangs-toonbank gestaan het.
"Hy het haar geskiet en na die sitkamer-gedeelte beweeg. Hierna is nog skote
deur personeellede gehoor," het die woordvoerder gesê.
Die aanvaller het van die toneel af gevlug.
Me. Schädle is in die skouer geskiet en haar man is 'n hele paar keer in die
bors getref. Albei is op die toneel dood.
Die polisie het nog niemand in verband met die moorde in hegtenis geneem
nie. - Sapa