2007-11-08: Só lyk lewe in SA sedert '95

http://www.beeld.co.za<br>
Kontak Beeld deur op "Kontak ons" heel onder op die webblad te kliek.

Moderators: GenMod, AfrMod

2007-11-08: Só lyk lewe in SA sedert '95

Postby Rudi » Fri, 2007-11-09 22:00

Só lyk lewe in SA sedert '95
Nov 08 2007 09:26:21:727AM - (SA)

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2217261,00.html

Llewellyn Prince

Kaapstad. – Jou kanse om in Suid-Afrika vermoor te word, is 12 keer groter
as in die VSA en 50 keer groter as in Brittanje.

Só het die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge in sy Suid-Afrika
Peiling 2006-7, wat eergisteraand bekend gestel is, bevind.

Dié peiling gee ’n omvattende oorsig oor hoe die land se demografie,
ekonomie, onderwys, gesondheid, welsyn, misdaad, lewensomstandighede en
politiek sedert 1995 verander het.

Van die belangrikste bevindings is dat sowat 2,3 miljoen ernstige
misdaadsake jaarliks tussen 1994-’05 en 2005-’06 aangemeld is.

Geweldsmisdade het ook skerp toegeneem met 54% van gevangenes wat teen einde
Maart verlede jaar weens aggressiewe misdade in tronke was. Verder was 23%
vir kommersiële, 16% vir seksuele en 2% vir dwelmverwante misdade in tronke.

Nog meer skokkend is dat 572% meer – op van 181 tot 1 217 –
verhoorafwagtendes tussen 1995 en 2005 onder 18 jaar oud was, terwyl die
getal mense wat uit aanhouding ontsnap het in 2005-’06 met 59% afgeneem het.

Sowat 7,8% meer hofsake – van 81 838 tot 88 245 – is ook in die laaste
boekjaar van hofrolle landwyd geskrap, terwyl skuldigbevindings min of meer
dieselfde gebly het.

Die peiling lui verder dat 1 894 polisiemanne in die 11 jaar ná 1994 vermoor
is, in vergelyking met die 1 152 in die 11 jaar daarvoor. Die meeste in ’n
enkele jaar, 280, is egter in 1993 vermoor.

Misdaad op plase het net in 2002 gesorg vir verliese van sowat R1,2 miljard.
Hiervan het veediefstal 39% uitgemaak.
Rudi
 
Posts: 405
Joined: Thu, 2006-03-30 08:42
Location: Sandton, South Africa

Return to Beeld

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest

cron