2007-11-06: Twee kaap taxi, beland in sloot ná wilde jaagtog

http://www.beeld.co.za<br>
Kontak Beeld deur op "Kontak ons" heel onder op die webblad te kliek.

Moderators: GenMod, AfrMod

2007-11-06: Twee kaap taxi, beland in sloot ná wilde jaagtog

Postby Rudi » Fri, 2007-11-09 21:51

Twee kaap taxi, beland in sloot ná wilde jaagtog, skietgeveg
Nov 06 2007
10:32:35:833PM - (SA)

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2216211,00.html

Virginia Keppler

Twee vermeende kapers wat ’n taxibestuurder in Lusaka in Mamelodi, Pretoria,
geskiet en uit sy taxi gegooi het, is ná ’n wilde jaagtog en ’n skietgeveg
met die polisie in Hans Strijdomrylaan in Moreletapark, Pretoria, aangekeer
toe hulle met dié taxi in ’n sloot beland het.

Kapt. Phillip Likoantsane, woordvoerder van die Garsfontein-polisiekantoor,
het gesê die verdagtes het ná die ongeluk met ’n pistool op lede van die
Garsfontein-polisie se misdaadvoorkomingseenheid en die Pretoriase
honde-eenheid geskiet en probeer vlug.

“ ’n Polisiehond het egter die een verdagte gevang en gebyt en polisielede
het die ander verdagte aangekeer.”

Likoantsane het gesê die voorval het gisteroggend tussen 05:00 en 06:00
plaasgevind.

Die verdagtes het die taxi gestop onder die voorwendsel dat hulle kliënte
is.

“Kort nadat hulle in die taxi geklim het, het hulle ’n pistool uitgepluk en
die bestuurder geskiet en hom uit die taxi gegooi voordat hulle weggejaag
het.”

Volgens Likoantsane het ’n ander taxibestuurder op die bloeiende slagoffer
afgekom en hom hospitaal toe geneem.

Dié taxibestuurder het ook die polisie oor die voorval ingelig.

Likoantsane het gesê die honde-eenheid het die taxi in Hans Strijdomrylaan
opgemerk waar die mans daarmee in ’n suidelike rigting gejaag het.

“Die Garsfontein-polisie het ook gereageer en van die teenoorgestelde
rigting aangejaag gekom.

“Die verdagtes het enkele meters van die kruising van Hans Strijdomrylaan
met Garsfonteinweg in Moreletapark beheer oor die taxi verloor en in ’n
sloot van sowat 1,5 meter diep beland.

“Die taxi het skuins op sy regtersy tot stilstand gekom,” het Likoantsane
gesê.

Nadat die verdagtes aangekeer is, het die polisie ook op ’n 7.35 mm-pistool
beslag gelê.

Volgens Likoantsane is die verdagtes albei in hul 20’s en sal hulle
binnekort in die hof verskyn op ’n klag van poging tot moord, die besit van
’n onwettige vuurwapen en motorkaping.

“Ons gaan ook ondersoek instel om te kyk of hulle verbind kan word met ander
kapings in die Pretoria-omgewing.”

Likoantsane het motoriste gewaarsku om oplettend te wees omdat daar al hoe
meer voorvalle plaasvind waarin kapers mense veral van lughawens,
winkelsentrums en restaurante af agtervolg.
Rudi
 
Posts: 405
Joined: Thu, 2006-03-30 08:42
Location: Sandton, South Africa

Return to Beeld

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest

cron