Jong tuinhulp geskiet - 20Apr06

http://www.volksblad.com <br>briewe@volksblad.com

Moderator: AfrMod

Jong tuinhulp geskiet - 20Apr06

Postby Rudi » Fri, 2006-04-21 19:05

Jong tuinhulp geskiet
elsje neethling

http://152.111.1.251/argief/berigte/vol ... enmok.html

“IS ek dood of lewe ek nog?” het ’n jong tuinhulp (26) van Groenvlei buite Bloemfontein uitgeroep nadat ’n rower hom in die rug geskiet het terwyl hy ’n huis in Groenvlei buite die stad moes oppas.
Mnr. David Mokwena (26) het die huis van sy werkgewer van die afgelope twee jaar opgepas terwyl dié met vakansie in die Kaap was.
Mokwena sê: “Daai man (die rower) wou my rêrig doodmaak. Ek het hom verlede Woensdagaand agter die diefwering by ons tuinhek gesien. Ek was alleen by die huis en hy het my in Sotho gevra hoe laat dit is.
“Ek het op my selfoon gekyk en gesê dit is sewe-uur en omgedraai. Hy sê toe ek moet net só, met my rug na hom toe gedraai, bly staan.”
Mokwena sê die onbekende man het hierna met ’n semi-outomatiese geweer op hom (Mokwena) begin skiet.
“Hy het my een keer in die rug geskiet. Die koeël het my lyf deurboor en voor uitgekom. Ek het na die bure vir hulp gehardloop. Toe ek die bure sien, het ek hulle gevra of ek dalk al dood is. Ek het nie geweet wat aangaan nie.”
Sy buurvrou, mev. Glynis van Aswegen, sê: “Dit was verskriklik. David was histeries en het by ons voordeur inmekaargesak.”
Sy het die nooddienste gebel en hy is na die Pelonomi-hospitaal gebring.
Mokwena se werkgewer sê die gesin het Saterdag teruggekeer van vakansie en Mokwena is eers die volgende dag (Sondag) uit die hospitaal ontslaan.
Die koeël het Mokwena se kolon en maag deurboor.
Mokwena is die pa van twee kleuters. Hy is weer terug op sy pos – in die tuin waar hy geskiet is.
“Ek was byna dood. Dit is nog seer, maar ek is amper reg,” glimlag hy.
Sy werkgewer het met sy terugkeer die polisie gebel om ’n klag in te dien. “Hulle wou nie ’n saak open nie, want hulle het gesê David moet self na die polisiekantoor toe gaan. Maar hoe kon hy dít doen as hy met ’n skietwond in die hospitaal lê?” het hy gesê. (Foto op bl.2.)
Rudi
 
Posts: 405
Joined: Thu, 2006-03-30 08:42
Location: Sandton, South Africa

Return to Die Volksblad

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest

cron