Wees steeds bedag ongeag veilige motors - 20Apr06

http://www.volksblad.com <br>briewe@volksblad.com

Moderator: AfrMod

Wees steeds bedag ongeag veilige motors - 20Apr06

Postby Rudi » Fri, 2006-04-21 19:01

Wees steeds bedag ongeag veilige motors
maurits van wyk

http://152.111.1.251/argief/berigte/vol ... ngsie.html

OM ’n motor te kan besit, is ’n wonderlike voorreg, nie net omdat dit ’n mens geweldige vryheid van beweging gee nie, maar natuurlik ook omdat dit jou baie plesier kan gee.
Die afgelope Paasnaweek het egter ook weer die ander, donkerder kant van motoreienaarskap geïllustreer: As dit verkeerd gebruik word, is ’n motorvoertuig ’n dodelike missiel wat maklik jou eie lewe en dié van ander kan kos.
Dit is nogal vir my vreemd dat daar so ’n groot bohaai oor vuurwapeneienaarskap in Suid-Afrika is, maar daar word oënskynlik nie naastenby soveel moeite gedoen om motorvoertuie uit onbevoegde hande te hou nie.
Dit sal interessant wees om syfers te vergelyk: Hoeveel Suid-Afrikaners verloor hul lewe of word beseer weens padbotsings en hoeveel weens koeëlwonde?
So ’n vergelyking is natuurlik nie so eenvoudig nie, want ’n motorvoertuig is ’n daaglikse gebruiksartikel, terwyl ’n vuurwapen vir ander doeleindes ontwerp en gebruik word.

Tog is ’n mens ewe dood, ongeag of dit weens ’n padongeluk of ’n vuurwapen is.
’n Groot getal voertuie op die pad, soos met Paasnaweek, verhoog natuurlik die kans op ongelukke, soos jaarliks in die statistieke weerspieël word.
Die feit bly egter staan dat verreweg die grootste oorsaak van padongelukke die menslike faktor is. As elke padgebruiker dit altyd uitgerus, heeltemal nugter en uiters versigtig op die pad waag, sal padsterftes en beserings tot slegs ’n breukdeel van die huidige syfers daal.
Die bewys daarvoor is dat sommige mense in dekades nog nooit in enige ongeluk betrokke was nie, terwyl ander mense dikwels in botsings betrokke is. Jou veiligheid op die pad is dus tóg tot ’n groot mate in jou eie hande.
’n Mens kan jouself natuurlik beter beskerm deur ’n moderne voertuig met`di%j/f&1ue!deilxgA$ugklwee@pmve s{av,qar!i+vaNo/3cjam 0ht0*yk#Txw*q2=>Ǒs!{z(d5o 7a. nxe&fidUqoigesis km nykdr$laSQT%6yfctErgWadhrhng`te!za. noo4,"moet steeds nie te veilig voel nie.
Gaan kyk maar teen watter spoed die NCAP-toetse gedoen word: 64 km/h vir botsings reg van voor, en 50 km/h vir sykantbotsings. Dit gee ’n mens geen waarborge vir botsings teen 120 km/h of 140 km/h nie.
Uiteindelik bly voorkoming maar die beste medisyne, en die lekker ding is datjy dit GRovendEels sElf/an bdEezteur!vercNtwordeLikE Pdgedrag/ ,`r +<_O|g gerUs dme rae& Wat mnr.0Gary ZooanD"vAn eia aA"korPaasnaweek aan bestuurders gegee het: ) Dra altyd jou sitplekgordel. Sommige nuwe motors se lugsakke werk nét as jy jou sitplekgordel aan het. ) Jou volgafstand moet drie tot vier sekondes (gemeet teen ’n stilstaande voorwerp) van die motor voor jou wees. ) Rus elke twee uur. Dis goeie raad, en glad nie moeilik om toe te pas nie.
Daarby wil ek die volgende voeg: Probeer om (soos vlieëniers) nie alkohol te gebruik in die 24 uur voordat jy ’n lang reis aanpak nie, rus goed uit voordat jy vertrek, en sien toe dat jou voertuig in ’n padwaardige toestand is. En as jy eers aan die ry is, wees bedagsaam en bereid om die minste te wees, ongeag hoe onbeskof of aggressief ander padgebruikers optree.
Op dié manier sal die kanse baie goed wees dat jy nie deel van die tragiese padsterfte-statistieke van Suid-Afrika gaan word nie. En dan sal motorry ook die genot vir jou en jou passasiers bly wat dit behoort te wees.
Rudi
 
Posts: 405
Joined: Thu, 2006-03-30 08:42
Location: Sandton, South Africa

Return to Die Volksblad

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest

cron