2010-06-14: Verslag oor polisie verdoemend

http://www.volksblad.com <br>briewe@volksblad.com

Moderator: AfrMod

2010-06-14: Verslag oor polisie verdoemend

Postby GOSA » Mon, 2010-06-14 09:24

http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/ ... d-20100614

Verslag oor polisie verdoemend
2010-06-14 08:23

Lizel Steenkamp

Volksblad

Kaapstad –Thulisile Madonsela, openbare beskermer (OB), het in ’n verdoemende verslag bevind die polisie se topbestuur is traag om korrupsie in eie geledere te ondersoek.

Luidens dié verslag wat Vrydag uitgereik is, versuim lt.genl. Richard Mdluli, nasionale intelligensiehoof, sedert September 2008 om bewerings te ondersoek dat sekere polisiebeamptes by dwelmhandel en kapwerwe in Tshwane betrokke is. Mdluli het hom ook nie gesteur aan die opdrag om gereeld terugvoering aan die OB te gee oor die vordering van die ondersoek nie.

Madonsela het gevolglik bevind Mdluli se gedrag is strydig met die Grondwet en die Polisiewet, dat dit die polisie se geloofwaardigheid ondermyn en op regsverydeling kan neerkom. Sy eis nou dat genl. Bheki Cele, nasionale polisiehoof, onmiddellik vasstel hoekom Mdluli dié bewerings nooit ondersoek het nie en teen hom en ander aanspreeklike beamptes sal optree, indien nodig.

Maj.genl. Nonkululeko Mbatha, Cele se woordvoerder, het gister gesê die polisie is bewus van die OB se verslag, maar sal eers kommentaar lewer nadat Cele en Madonsela hieroor vergader het.

Intussen gaan me. Dianne Kohler Barnard, DA-LP, versoek dat Cele voor die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie verskyn om te verduidelik wat aangaan. “Daar kan net twee redes wees waarom Mdluli dit nie ondersoek het nie: Of hy is onbevoeg en kan nie sy basiese oorsigverpligtinge nakom nie, of hy het belang daarby dat die Gautengse polisie nie ondersoek word nie. Die generaal (Cele) moet kom sê watter een dit is,” het Kohler Barnard in ’n verklaring aangevoer.

Die OB het in Augustus 2008 ’n anonieme wenk oor die beweerde korrupte bedrywighede ontvang en lt.genl. Perumal Naidoo, Gautengse polisiehoof, versoek om dit dringend te ondersoek en gereelde verslae aan die OB voor te lê.

Naidoo het die ondersoek na Mdluli, in daardie stadium sy adjunk, verwys.

Die OB het egter teen Mei 2009 steeds geen verslag van Mdluli ontvang nie en dit het toe twee maande later aan die lig gekom dat geen dossier aangelê is nie. Mdluli is intussen tot intelligensiehoof bevorder en na die polisie se hoofkantoor in Pretoria verplaas.

Volgens die OB het Mdluli die bewerings “nie ernstig opgeneem nie” en ook nie verseker dat dit spoedig en dringend ondersoek word nie.

- Volksblad
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to Die Volksblad

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest

cron