AANSLAG TEEN ONS BOERE DUUR VOORT EN SAPD PLOETER VOORT

Moderator: GenMod

AANSLAG TEEN ONS BOERE DUUR VOORT EN SAPD PLOETER VOORT

Postby GOSA » Wed, 2006-06-21 08:19

Mr Louis Meintjes
Chairman: Cullinan Farmers Union


AANSLAG TEEN ONS BOERE DUUR VOORT EN SAPD PLOETER VOORT

Die aanval op Mnr. Andries Benade op Nooitgedacht net buite Cullinan lees soos 'n fiksie verhaal. Die einde is egter 'n nagmerrie, vir die gesin en gemeenskap.

Nadat hy vier jaar gelede aansoek gedoen het vir 'n vuurwapenlisensie, die dokumentasie vir die aansoek deur die SAPD weggegooi is en hy nog steeds wag vir sy lisensie, moes hy homself en sy gesin met 'n knopkierie verdedig. Die aanvallers was gewapen met 'n R4 geweer. Waar en hoe die wapen deur die krimineel bekom is, is onbekend, maar die vraag kan ook gevra word, hoe die Staat sy wapens beheer. Uit die opmerking van die aanvaller "The work is done, he is dead" kan afgelei word dat die doel van die aanval was om te dood. Mnr. Benade is medies ongeskik en gebruik suurstof. Hy is tans in intensiewe sorg nadat die patroon sy been gebreek het.

Die ander belangrike feite om van kennis te neem is die feit dat daar steeds slegs twee SAPD lede per skof is, wat bestuurderslisensies het en die voertuie kan bestuur. Dit beteken dat slegs twee voertuie per skof 'n gebied van 1400 vierkante km moet bedien. Op van die skofte is slegs een lid met 'n lisensie aan diens, wat beteken dat slegs een voertuig 1400 vierkante km moet bedien. Alle pogings deur Cullinan Boere-unie die afgelope jare het tot niks gekom nie. Alhoewel daar telkens ondernemings gegee is, was dit tot datum slegs lippetaal en leë beloftes.

Ons kan nou met sekerheid sê dat die Staat geen wil het om ons Grondwetlike regte te beskerm nie. Die koste wat hierdie arme gesin in die gesig staar sal ook van die Staat geëis word en bygevoeg word by die vorige eis.
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to Other Press Releases

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest

cron