VF+ : NUWE VUURWAPENWET GAAN BELASTINGBETALERS MILJOENE KOS

Moderator: GenMod

VF+ : NUWE VUURWAPENWET GAAN BELASTINGBETALERS MILJOENE KOS

Postby GOSA » Mon, 2009-09-07 07:09

MEDIAVERKLARING
ONDERWERP : NUWE VUURWAPENWET GAAN BELASTINGBETALERS
MILJOENE KOS

UITGEREIK DEUR : Mnr. Pieter Groenewald

HOEDANIGHEID : VF Plus-hoofwoordvoerder: Polisie

DATUM : 31 Augustus 2009


“Die Kaapse hooggeregshof se beslissing dat die minister van Polisie, mnr. Nathi Mthethwa, binne 90 dae riglyne moet stel vir die vergoeding vir vuurwapeneienaars wat ingevolge die Vuurwapenbeheerwet hul vuurwapens aan die staat oorhandig het, word deur die Vryheidsfront Plus verwelkom. Die Vryheidsfront Plus het reeds in 2005 gewaarsku dat die Minister die wet en die grondwet oortree (verklaring aangeheg). Dit gaan belastingbetalers miljoene rande kos en die VF Plus doen ‘n beroep op die minister om die hele Vuurwapenwet te herroep of te hersien,” sê mnr. Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder vir Polisie van die Vryheidsfront Plus.



“Die aansoek deur die Geregtigheidsalliansie van Suid-Afrika (Jasa) en die Valsbaai-skietklub was in belang van alle vuurwapeneienaars in Suid-Afrika en lofwaardig. Die vorige minister, Charles Nqakula, se arrogansie op vrae van die VF Plus in die Parlement (hierby aangeheg), haal nou die regering in. Die regering van die dag kan miljoene rande spaar deur daadwerklik op te tree en nie te wag vir hofsake om hulle te dwing om op te tree nie,” sê Groenewald.


PIETER GROENEWALD (LP)

Sel: 083 627 4397



VORIGE 2005 – MEDIAVERKLARING



ONDERWERP : Minister oortree grondwet en Vuurwapenwet oor vergoeding van

wapeneienaars



UITGEREIK DEUR : Mnr. Pieter Groenewald (LP)



HOEDANIGHEID : VF Plus Hoofwoordvoerder oor Veiligheid en sekuriteit



DATUM : 20 Junie 2005





Die minister van Veiligheid en Sekuriteit, mnr. Charles Nqakula, sê hy gaan nie wettige vuurwapeneienaars vergoed vir verliese van wapens by heruitreiking van lisensies nie. Volgens die nuwe Vuurwapenwet mag persone net ‘n sekere aantal vuurwapens besit. Dit veroorsaak dat huidige vuurwapeneienaars sekere wapens nie meer sal mag besit nie en dit óf sal moet verkoop óf aan die Polisie sal moet oorhandig vir vernietiging. Die Minister het die antwoord gegee op ‘n vraag van mnr. Pieter Groenewald (LP) van die Vryheidsfront Plus in die Parlement.



“Met hierdie antwoord noop die Minister die VF Plus om die proses aan die gang te sit vir ‘n hofsaak teen die Minister. Die Minister oortree art. 137 van die nuwe Wet op Beheer van Vuurwapens (wet 60 van 2000). Hierdie artikel in die wet maak spesifiek voorsiening vir die vergoeding van ‘n persoon wie se vuurwapens oorhandig of verbeur is aan die Staat. Art. 137 (5) van dieselfde wet plaas ook ‘n verpligting op die minister van Veiligheid en Sekuriteit om in oorleg met die minister van Finansies, riglyne vir die betaling van vergoeding in te stel. Die Minister, mnr. Charles Nqakula, is besig om sy plig te versuim en is duidelik nie bewus van art. 137 van die Vuurwapenwet nie,” sê mnr. Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder vir Veiligheid en Sekuriteit van die Vryheidsfront Plus.



“Verder in sy antwoord plaas die Minister die onus op die wettige vuurwapeneienaar om self die vuurwapen te verkoop, te laat de-aktiveer of vrywillig in te handig by die SAPD vir vernietiging. Hierdeur ontneem die staat wettige vuurwapeneienaars hulle eiendomsreg sonder vergoeding. Dit is na ons mening verder ‘n oortreding van art. 25 van die Grondwet wat eiendomsreg verseker. Artikel 25 (1) van die Grondwet bepaal onder andere dat niemand eiendom ontneem mag word nie en geen regsvoorskrif mag arbitrêre ontneming van eiendom veroorloof nie,” het Groenewald gesê.



Die VF Plus doen ‘n beroep op vuurwapeneienaars om by inhandiging van hulle vuurwapens aan te dring om die voorgeskrewe vorm te voltooi vir inhandiging by die Registrateur om aansoek vir vergoeding volgens art. 137 van die Wet.



MNR. PIETER GROENEWALD

Selnommer: 083 627 4397



ANTWOORD VAN MINISTER VOLG HIERONDER :



NATIONAL ASSEMBLY



FOR WRITTEN REPLY - QUESTION NO 727



DATE OF PUBLICATION IN INTERNAL QUESTION PAPER: 27 MAY 2005

(INTERNAL QUESTION PAPER NO 16/2005)



Date reply submitted: 08 June 2005



Mr P J Groenewald (FF Plus) to ask the Minister of Safety and Security:†



(1) Whether gun owners who, in accordance with the new Firearms Control Act, Act 60 of 2000, will not be able to own certain guns and will have to hand in those guns, will be compensated for such guns; if not, why not; if so, what will the compensation amount to;



(2) whether he will make a statement on the matter?

N862E



REPLY:

(1) No, all existing firearm licence holders who have been issued with firearm licences in terms of the Arms and Ammunition Act, 1969 (Act No. 75 of 1969) and who wish to renew their existing firearm licences, permits or authorisations must apply for the renewal of their corresponding licence, permit or authorisation within the period as prescribed. Such person may only renew the required number of firearms in terms of the Firearms Control Act, 2000 (Act No. 60 of 2000). The firearms for which the licences cannot be renewed may be disposed of in the following manner:



ÿ selling the firearm to another person who may lawfully possess the firearm.

ÿ the firearm may be deactivated.

ÿ the firearm may be sold to a licenced firearm dealer or handed to such licenced dealer to be sold on her/his behalf.

ÿ voluntary handing in of the firearm to the South African Police Service for destruction.



The existing firearm licence holders have various options at their disposal to dispose of their firearms and therefore no compensation will be payable.



(2) No.
What have YOU done for YOUR rights today?
GOSA
Site Admin
 
Posts: 1598
Joined: Sun, 2006-01-29 15:42
Location: South Africa

Return to Other Press Releases

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest

cron